Siobhan + Lucius | Blomfontein - Cradock - Eastern Cape


This is by far the most photo's I have ever blogged :)
a wedding so beautiful, organic, and a couple who is so awesome, I just couldn't help myself almost blogging every single image from this incredible day!

Siobhan & Lucius flew us up to Port Elizabeth from Cape Town, where we got Siobhan's car at the airport and ventured about 300km's en-route towards Nieu-Betestha close to Cradock in the Eastern Cape.

Welcomed by the most astonishing scenery, the vast Karoo and Oasis called Blomfontein, literally hidden away between the Mountains.

Pour some wine, dim the lights... because you are in for a REAL treat!

Lucius and Siobhan, Thank You so much for everything and giving us the honor to document your biggest day!

In Wedding heaven right Now!














































































































































































































































































































Here is a beautiful note from the couple which they used for their entry into Sarie Bridal Couple of the Year x

“In these bodies we will live, in these bodies we will die Where you invest your love, you invest your life” ― Mumford & Sons

Op die 22.10.2016, is dit presies wat ons gedoen het, ons het ons ewige liefde aan mekaar belowe, en dit was was die beste dag van ons lewens. Elke oomblik van die begin tot die dag wat ons verloofgeraak het was n warrelvind van liefde en n ongelooflike avontuur.

Ek en lucius het die voorreg gehad om in Amsterdam te werk vir 18 maande, en in die tydperk het ons elke oomblik gebruik om soveel as moontlik plekke te sien en Europa plat gereis. Op 1 July 2015, het ons op n eksotiese eiland in Croatia genaamd Vis verloof geraak, en het die opwinding begin bou tot ons troue.

Ons visie van ons droomdag was helder, ons wou n naweek van ons troue maak, omring met die ongelooflike natuurskoon in die hartjie van die Karoo, met die groen van bloekomblare en wit blomme, en met n tikkie van Amsterdam se herinnringe het ons Delft ingebring. Ons naweek het die Vrydag afgeskop, vriende en familie het van wyd en suid gekom, so ver soos Australie en Amsterdam, vreemdelinge het vriende geword en vriende het familie geword, terwyl ons opgewondenheid opgebou het vir ons groot dag. Saterdag, 22 Oktober 2016, ons dag het uiteindelik aangebreek, en dit was n perfekte dag.

Nuwe vriende, en toekomstige familie het die dag geniet met n laat ontbyt, stappies op die plaas, drankies by die swembad en die varslug van die Karoo. Ek en die strooimeisies het als dopgehou van die wittebroods huisie op die koppie wat uitkyk oor die onthaal area, en ek besig was om regtemaak vir die man van my drome. 14h, en die tyd stap nader, die opgewondenheid bou op toe ek my rok aantrek gemaak deur Janita Toerien, al die pad van die Kaap.

 Ek het soos n prinses gevoel, my hare en makeup gedoen en met my trourok aan. My strooimeisies het so mooi gelyk, elkeen met n uniek blom patroon. Ek het vir Lucius n platespeler gekoop as n trougeskenk, met n plaat van sy gunsteling sanger Jeremy loops, en op die maat van sy gunsteling musiek het hy en sy strooi jonkers eers 15h uit die swembad geklim en begin gereed maak vir ons troue om 16h. Ek het vir oulaas n glasie vonkelwyn geklink saam met my broer, voor hy my afgeneem het na die kerkie, waar my eerste liefde my pa vir my gewag het, om my oortegee aan die ewige liefde, die oomblik het gearriveer, die deure het oopgegaan en aan die onderkant van die paaitjie het my beste vriend, my braai master, my koffie maker, my ATM van geluk en my ewige liefde vir my gestaar met die grootse glimlag wat ek al ooit gesien het, die wag was om en ons het begin stap op die maat van The Piano Guys se The Cello Song.

Van ons gusteling herhinneringe van die onthaal, was ons kaas toring koek, ons Polaroid foto stasie, die strikdas kas, waar elke man sy eie unieke ene kon kies, tuidelike tatoo plakkery, ons konfettie eerste dans, die roomys en waffel pudding tafel, stroopwafels al die pad van Holland, en n herhinnering wat spesiaal opgedra is aan my ongelooflike stiefma se tradisie, wat n kort stryd teen kanker verloor het kort voor ons troue, die lemon drop shot (tequila, suiker en suurlemoen). Ons het die aand omgedans, met ons hartmense gekuier en elke oomblik net ingeneem waarna ons albei gedroom het.

Diensverskaffers Venue en Akkomodasie | Blomfontein Game Farm And Wedding Resort Trourok | Janita Toerien Grimering | Charné Du Toit, Nimue Skin Clinic Cradock Hare | The Pretty Bride Skryfbehoeftes | White Kite Studio Koordinasie en dekor | Jacques Muller, Die Waenhuis Blomme | Mengelmoes Flower Creations Kos | Celest spyseniering/catering
Share:

3 comments

  1. Bridesmaids dresses are absolutely beautiful. Were they made or bought? I love them.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Suanne, thank you :) they were bought from boohoo.com, an online shop based in the UK xx

      Delete
  2. Sooo ongelooflik mooi, Celeste! xxx

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig