Eduan & Marle | Engagement Shoot | La Petite Dauphine | Franschhoek

 Eduan en Marlé is soos finkel en koljander! Na al die jare wat ek vir Eduan ken as my finansiële adviseer ( waarvoor hy perfek aangelê is ) het dit gekom dat hy die vroutjie van sy drome gevra het om te trou, en ek toe die een is wat dié keer vir hulle n diens sal lewer en die kans te kon hê om vir Marlé te ontmoet (veral nadat ek so baie van haar gehoor het). Ons het n perfekte winter Sondag middig in Julie na die pragtige Le Pitite Dauphine in Franschhoek gegaan om hulle verlowings sessie te doen.

Eers het ons mekaar ontmoet vir n regte koppie moer koffie by die restaurant waar ons vir die perfekte lig gewag het om die aller mooiste liefde tussen hulle twee te kon vasvang. Dit is ‘n absolute voorreg om te kan deel wees van hulle liefdesverhaal en ek is so opgwonde om ook deel te kan wees van hulle groot dag in Maart 2014.

Marlé gaan virseker een van dié mooiste bruide wees, rooi hare en n porselein vel met n persoonlikheid van goud. Jy het sowaar die vrou van jou drome hier beet Eduan xx Geniet en Geluk weereens! 

























Share:

2 comments

  1. AMAZING as always!!! Love your style soooo so much!!! Just brings out the love and happiness :))

    ReplyDelete
  2. Pragtig julle...!!! Baie geluk!

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig