Reynie & Daniëlle | Troue | Kleinevalleij | 4 Januarie 2013



 Ons paadjies het gekruis as twee Hoërskool leerders en van daardie oomblik was daar geen terugdraai nie. Ons het ons lewensreis agt jaar gelede saam begin en het tot dusvêr elke kronkel, hoogtepunt, laagtepunt, traan en glimlag saam gedeel. Ons was van dag een beste vriende en sielsgenote en so is ons bewondering en liefde vir mekaar bevestig toe Reynie op die onverwagse datum van 13 Februarie 2012 (ja, 'n dag VOOR Valentynsdag) my verras met ‘n prentjiemooi pienk sonsondergang op Seinheuwel, waar hy op sy knie gegaan het en my die JA woord gevra het. Ons verlowingsdag was die begin van groot drome oor ons spierwit bruilofsdag…en WOW…ons dag kon nie meer perfek gewees het nie, met elke droom wat realiteit geword het. Ons is nie net geseën met 'n kraakvars, helderblou hemelruim om as agtergrond te dien vir die paadjie waarin ons ontmoet het om as man en vrou ons liefde aan mekaar toe te vertrou nie, maar ook met onverbeterde detail wat noukerig tot ons elke wens uitgevoer is, sowel as met familie en vriende wat elke treetjie en oomlik van ons reis tot ons troudag met ons gedeel en gevier het. Ons kyk gereeld terug na ons troudag met soveel waardering en blydskap en weet dat met die bevestiging van ons liefde teenoor mekaar, het ons Hemelse Vader, sowel as al die getuies daar ons liefdesreis vorentoe geseën tot in oorvloed. Ons 8 jaar tot dusver saam as beste vriende en verliefdes, kan nou net opwinding en avontuur bring as man en vrou, afgeskop deur ons onvergeetlike, perfekte spierwit bruilofsdag!!!























































































































Share:

3 comments

  1. Reze Kraemer-ZiehlMarch 8, 2013 at 5:38 AM

    ONGELOOFLIKE fotos vir 'n ONGELOOFLIKE mooi (binne en buite) couple!!

    ReplyDelete
  2. soooooo pragtig..woow jy was n beeeeeeld skone bruid!

    ReplyDelete
  3. So, so gorgeous! Your work is inspiring.

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig