Jacques & Talitha | Verloof | Kaapstad

Jacques en Talitha is te kosbaar vir woorde! Hulle liefde en gelukkigheid is aansteeklik en ons het omtrent pret gehad op hulle verlowings foto-sessie vror die maand in Kaapstad. Ek weet ek het al menigde male van tevore al gesê hoe dankbaar ek is vir ieder en elke klient, wie nie net vriende word nie maar wat hulle vertoue in my sit en vir my die voorreg te kan gee om hulle eie fotograaf te wees. Ek waardeer dit elke keer net meer en meer. Dit hou my gegrond, nederig, lief vir mense, lewe en kuns.

Jacques en Talitha is regte mens-mense, met soveel persoonlikheid en waardering vir mekaar. Ek kan nie eintlik my vinger daarop neerlê wie meer verlief op die een is as die ander nie en dit se net een ding: perfekte paartjie!

Ek hoop julle geniet hierdie stel foto’s so baie soos wat ek dit geniet het om dit afteneem! Sien uit na J&T se troue die 14de Desember in Piketberg!! Xoxo Celesté














 Jy gaan so n STUNNING bruid wees Talitha!





























Share:

1 comment

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig