Eddie + Misha | Wedding - Webersburg



"You have to find happiness in yourself before you can find it with someone" 

was Misha se woorde voordat sy halsoorkop verlief geraak het op Edward.
Hy was al van dag een af soos hulle sou sê "head over heels"...

Sy was op die gelukkigste plek in haar lewe met 'n fantastiese gesin, vriende en haar Pappa God is en was die "ultimate".

Dis vanselfsprekend dat Edward diep spore getrap het en hul paaie het weer gekruis deur 'n uitnodiging na 'n troue.

"Ons was soos twee babbelbekke daardie aand en kon nie genoeg gesels nie", vertel Misha. Na 'n paar weke het Edward vir haar gevra om sy meisie te wees en sy kon nie vinniger "JA" gegil het nie.

Edward het vir Misha vertel dat hy só lank gebid het vir 'n vrou van God en hy het n presiese lysie gemaak van watter kwaliteite sy vrou eendag moet hê. 

Hy het elke dag vir "haar" gebid en toe het Misha oor sy pad gekom en die hele lysie op die naam "af getick".

Na 'n paar maande het Edward vir Misha gevra of sy veraltyd sy "Bokkie" sal wees en sy het hom gebombadeer met die vraag : "Liefie, het jy ooit my ouers gevra?"  Na 'n groot opwinding het sy natuurlik "JA" gesê!



Ons geheim is: 'n stewige fondasie, onvoorwaardrlike liefde, ondersteuning, motivering en aanvaarding.

Venue - Webersburg | Wedding Gown - Anri Ham Bridal | Co-ordination & Decor - Arctica Designs | Hair and Make-up - Didi de Villiers | Live Entertainment - Bottomless Coffee Band | Second Photographer - Tertius Gous | Video - Boy Meets Girl | Cake - Velvet Cake CO.












































































































































































































































































Share:

No comments

Post a Comment

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig