Jacques + Marisa | Delsma Plaas



n Sprokies troue reg in die hartjie van die Riebeeck Vallei

Jacques en Marisa, is twee van die dierbaarste mense wat ek ken!!
Ek en Jacques was saam op skool en min wetend, sou ek die een wees wat eendag hulle grootste dag sou afneem!!
Dis partykeer snaaks hoe die lewe uitdraai... hoe ons van kindsbeen so saam saam groot geword het en weer mekaar se paaie kruis op een van die grootste dae in hulle lewens!

Marisa "MOP" jy weet seker ek het glad nie eers woorde om te se hoe absoluut ongelooflik mooi jy is nie!
n bruid wat heeltyd glimlag en haar hart loop oor van opgewondenheid om haar beste vriend te trou :) en dit kan mens verseker in elke liewe foto sien!!

Dit was n fees om te kon deel wees van julle spesiale dag, en dit is n voorreg om julle te kan ken.

Marisa het soos n droom gelyk in haar Elizabeth Stockenstrom trou rok, Clarita Smit die wimper en grimering guru het almal op hul prentjie mooiste laat lyk en Elmien Louw het die bruidsmeisies se hare gedoen.
Almal het by die groot toring NG kerk bymekaar gekom in Riebeeck Kasteel om te sien hoe Jacques en Marisa die knoop deur hak :)

Die onthaal was by die pragtige Delsma Plaas gevier, met die lieflikste atmosfeer en regte egte boere kos!


Baie baie geluk julle!!! 

Geniet die foto's


Celesté








































































































































































Trou Kar: Braam Jonker
Second Shooter: die AMAZING Tertius Gous
Koek: Jaco | Old Dalby Restaurant
Blomme en Dekor: Jorika Visser

Share:

1 comment

  1. Mooist Bruidjie ooit!!!!

    Celeste, dis ongelooooooflike mooi foto's, sjoe! Ek kan dit oor en oor kyk! Vreeslik dankie dat jy my werkies so mooi vasgevang he! Jy is een talentvolle, awesome mensie!!

    xxx

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig