Carel + Liezl | Troue | Val De Vie | Paarl | 3 Mei 2014

 Waarom sal mens nou langer wag om verloof te raak binne ses maande van 'n amazing, liefdevolle en ondersteunende verhouding? 

"So Here we are, We found the day, Like we always prayed." Die feit dat die spesifieke dag kon plaasvind was net 'n wonderwerk van die heel begin. 

Die wag vir die kar om my en my pa op te getel het na die kansel was seker die langste in my lewe. My pa besluit toe om met sy jongste dogter, ek, oor politiek te gesels om bietjie die aandag van die senuwee af te vat. Dit het nou wel nie regtig gehelp nie, maar  die feit dat my pa so kreatief begin raak het voor die groot oomblik was vir my so oulik en spesiaal.

Van die begin af het ons besluit dat die aand nie gaan verby vlieg , soos almal altyd se nie, en het  ek en Carel  n oomblik  gevat om al die seeninge en geluk van die aand en ons nuwe toekoms saam opreg te waardeer.

Die wonderlikste  weer is vir ons gegee die 3de Mei, wat  gemaak het om trane moeilik weg te steek!!
Wat 'n voorreg was dit om met so wonderlike groep mense te werk . Vanaf die dag wat ons die engagement shoot gedoen het tot die oomblik wat die deure van Val de Vie agter ons gesluit het, het ons die beste diens, omgee en ondersteuning ontvang. 

Kyk, en was daai fotohoekie nou pret! Hoe later die aand  geraak het hoe meer en vinniger was almal se spontane persoonlikhede saam met die  props uitgeruk!!

Die feit dat albei liefdevolle oumas tot die heel einde die aand saam ons gedeel het is net vir ons 'n bewys dat die aand regtig 'n droom en groot sukses was.  

Diensverskaffers: Venue | Val De Vie Polo Estate | Beplanner | Nadia Valentyn ~ Val De Vie | Blomme & Dekor | Concepts and Designs | Liezl se Trou Rok ~ Mariette Joubert | DJ ~ Wicus | Spyseniering | Val De Vie | Grimering en Hare | Yolande du Toit | Second Shooter | Tertius Gous
























































































































































Share:

No comments

Post a Comment

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig