Jacques en
Talitha is te kosbaar vir woorde! Hulle liefde en gelukkigheid is aansteeklik
en ons het omtrent pret gehad op hulle verlowings foto-sessie vroeër die maand in Kaapstad. Ek weet ek
het al menigde male van tevore al gesê hoe dankbaar ek is vir ieder en elke
klient, wie nie net vriende word nie maar wat hulle vertoue in my sit en vir my
die voorreg te kan gee om hulle eie fotograaf te wees. Ek waardeer dit elke
keer net meer en meer. Dit hou my gegrond, nederig, lief vir mense, lewe en kuns.
Jacques en
Talitha is regte mens-mense, met soveel persoonlikheid en waardering vir
mekaar. Ek kan nie eintlik my vinger daarop neerlê wie meer verlief op die een
is as die ander nie en dit se net een ding: perfekte paartjie!
Ek hoop
julle geniet hierdie stel foto’s so baie soos wat ek dit geniet het om dit
afteneem! Sien uit na J&T se troue die 14de Desember in Piketberg!! Xoxo Celesté
Jy gaan so n STUNNING bruid wees Talitha!
Beautiful couple and shoot !
ReplyDelete