Daniëlle | Kitchen Tea | Pistachio Restaurant | Durbanville



Hoe kan mens ooit genoeg dankie sé vir n wonderlike jaar soos 2012. Hierdie jaar vir my was n absolute fees, en al die amazing mense wie ek die voorreg gehad het om te kan ontmoet en afteneem wil ek hartlik dankie se vir die vertroue en ondersteuning in my! Sonder julle kan ek nie doen wat ek so opreg lief het in my lewe nie.

Vandag deel ek my laaste post van 2012!! Met n kersfees joligheid en vakansie geur het al die pragtige dames in Daniëlle se lewe vir haar die feestlikste kombuis tee gehou! Sy was kinderlik verras toe almal vir haar inwag wat DIE dag haar kombuis tee sal wees! Sy was so opgewonde om almal te sien en ons het almal omtrent lekker gelag en saam die middig geniet! Daniëlle is n kosbare mensie met wie ek trots n vriendin kan noem!! Hierdie jaar het ek nie net die mees amazingste kliente gehad nie, maar uit elkeen n vriend/ vriendin gemaak!!!

2013 skop ons sommer vroeg vroeg af met n liefdevolle BANG! Daniëlle en Reynie trou die 4de Januarie by die pragtige Kleinevalleij in Wellington, waar hulle hulle lewenspadjie saam as man en vrou begin. Ek sien vreeslik uit om hulle pragtige spesiale daggie te kan afneem!!!
Baie dankie weereens vir almal se liefde, bystand, vertroue en ondersteuning. My hart is Gelukkig!!!

Voorspoedige Nuwe jaar vir almal en ek sé koebaai vir 2012 met hierdie quote: 
 “The purpose of life is to live it, to taste experience to the utmost, to reach out eagerly and without fear for newer and richer experience”  ~ Eleanor Rooseveldt

LIEFDE xoxo
Celesté

































































Share:

No comments

Post a Comment

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig