Marné se Gatsby Kombuis Tee | Klein Roosboom Plaas | Durbanville




‘n Dag gevul met vieringe van ‘joie de vivre’ – The Joy of Living!
Deur Zané Pretorius "My reis saam met Marné het begin as Laerskool dogtertjies, saam op koor toere as kamermaats. Ek onthou haar as hierdie meisietjie met die breë glimlag en kop vol kleurvolle haarknippies – nes blomtyd by Plankiesbaai.
Nou staan Marné op die drumpel van haar groot dag, en ek saam met haar, om in elke deeltjie van hierdie tyd te kan deel – verlowing tot troudag!
Nodeloos om te se het die tyd ook aangebreek vir die kombuis tee reël– wat sonder twyfel ‘n dag sou wees om te onthou.

Al die beplanning, saam met die moeder van die bruid, mede-strooimeisies en ‘amper familie’, is afgeskop om hierdie dag so ‘Marné’ as moontlik te maak – gevul met sprankel, styl, kant, doilies en sommer heelwat ou- wêrelds. Hoe dan anders as ‘n Gatsby Kitchen (G) & (T)ea – ‘n ietwat anderse ‘High Tea’ so gepas by die roaring twenties of soos die Franse dit sou noem ‘années folles’.
Die Klein Roosboom Plaashuis was die perfekte “setting” vir hierdie ‘Great Gatsby’ fees.
Die onthaal area, besaai met rose, fluweel, silwer en ‘n ietsie nostalgies, was lewendig met Marné se naaste vriendinne - van toeka tot nou, ouma, tannies asook niggies en  omring met die atmosfeer van haar Oumie in elke stukkie portret, bank, koppie en resep.
Van lekkernye  en peuselhappies – ietsie soets en ietsie souts, tot die fynere MCC en tee potte gevul met G&T’s, het een en elk hul verlustig in die laat middag ‘High Tea’.
Teen die einde van die dag was daar een ding wat vir my bo als uitgestaan het – ons het daarin geslaag om ‘n “Marné-dag” te skep. Marné – jou glimlag en lus vir die lewe is aansteeklik.
 Jou passie vir die kreatiewe en andersheid, styl en ouderwets, aards en sagheid was die oop palet waarmee ons elke fyn ‘detail’ kon inkleur.
Dankie aan almal wat tot die dag se sukses bygedra het, opgetooi in ‘n ‘flapper dress’ en al. Ek weet elkeen dra op ‘n spesiale manier by tot Marné se lewe. Aan elkeen wat gehelp het om so ‘n onvergeetlike Kombuis Tee te reël – dit was ‘n fees!!
Marné, wat ‘n besonderse dag om saam met jou te kon deel. Ek wens vir jou en Wyno net die mooiste toe en ‘n troudag wat al jou verwagtinge sal oortref.
Dit was vir my heerlik om saam met al jou hartsmense te vier in jou  – ‘Joie de Vivre” !!
Love Zané"

























































































Share:

4 comments

  1. a Picture is worth a thousand words! Perfectly captured!

    ReplyDelete
  2. Dit is baie besonderse foto's. Marne is pragtig en baie fotogenies. Die foto's is baie kleurvol en die wit en swart foto's met die outydse klere lyk of dit uit die vroee 1900's kom. Wel gedaan mat die mooi tee en ook die mooi foto's!

    ReplyDelete
  3. Baie dankie vir die mooi komplimente :) dit was n amazing dag!!! en net n eer en voorreg om te kon deel wees daarvan! spesiale oomblike en tye soos dié in die lewe is so kosbaar en priceless! xx

    ReplyDelete
  4. WOW WOW WOW! Celesté, die beeldskone Marné het jou werk seker so veel makliker gemaak, maar daar is geen twyfel dat jy nou maar net 'n ongelooflike talent het nie! Stunning kiekies!

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig