Christo + Cara | Wedding | Landtscap | 15 December 2014

 Ek en Christo het mekaar in 2009 deur gemeenskaplike vriende ontmoet, min wetend dat ons vir ‘n jaar of wat saam op hoërskool was. Tydens ‘n ete een Sondag middag by hulle huis, vang my oog ‘n foto van hom met sy bos krulhare van destyds en meteens besef ek dit is die “outjie” wat ek soveel kere op die skool se stoepe raak gesien het. 


Kort daarna was hy my beste vriend en ek het sommer vroeg-vroeg geweet hy is die man met wie ek wil trou…. Vyf jaar later op 15 Desember 2014 is ons onder die mooiste wit tent by Landtscap in die Devon Valley distrik, net buite Stellenbosch getroud. Aangesien ons nooit ‘n tradisionele onthaal wou gehad het nie, het Landtscap perfek vir ons gewerk.


Landtscap skep ‘n moderne, kontemporêre gevoel was soos ‘n skoon “canvas” voor jou staan, waarop jy al jou idees kan gooi en dit sal enige tyd werk. Alles was baie minimalisties met ‘n sagte neutrale en ligte pastel kleurskema wat perfek gepas het by ‘n elegante en romatiese gevoel. 


Hydrangeas, lisianthus, brunias, gypsophila en rock roses het die onthaal prentjie mooi, lewend en kleurvol gemaak. Dit was regtig ‘n onbeskryflike, Godsgegewe, liefdevolle dag saam met vriende en familie waar elke oomblik van die dag vir my en Christo iets nuuts en besonders was. 



Na ‘n jaar se beplanning het ons troudag homself oortref en ons is goed vervuld en geseënd met hoe alles verloop het. Na al die opwinding en mooi herinneringe van ons troudag , is dit wonderlik om te weet ons kan nou die toekoms as man en vrou met geloof, hoop en liefde aanpak. Dit is tog waaroor alles gegaan het...





















































































































































Service Providers
  • Venue: Landtscap
  • Catering: Two Chefs
  • Preparation: Brenaissance
  • Decor: Authentic planning
  • Flowers: Moondrops flowers
  • DJ: Cape DJs
  • Tent: Cape Tents
  • Rings: Bresco Diamonds
  • Dress: Ronel Scribante and Freda Erwee
  • Make up and hair: Jenro Beauty
  • Minister/ officiant: Ds Johan van der Merwe (Moedergemeente, Stellenbosch)
  • Assistant & Second Shooter:  Samantha du Toit  :)

Share:

1 comment

  1. Celeste! Dis beautiful! Wat 'n mooi bruid. Almal lyk so happy. Well done!!!

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig