Shaun & Nadine Wedding | Groenvlei | 8 December 2012

Ons storie... In 1994, op die ouderdom van 6 en onbewus van die politieke onrus, het ons mekaar ontmoet. Nie een van ons kan die spesifieke dag onthou nie, maar tussen die klimrame en beton tonnels het ons in mekaar vasge(hard)loop. Ons ken mekaar al vir 18 van die 24 jaar wat ons oud is. In 1995 het ons die eerste dag van “grootskool” saam beleef en in 1999 vir die eerste keer “gekys” - ons was net 11 jaar oud. Gedurende die “kys” wou ek Shaun nie soen nie, en dit was vir hom `n groot probleem - almal soen mos al op 11? Ek was baie hardkoppig en hy baie aanhoudend - NIKS het verander nie! In hoërskool het ons duur betaal aan telefoon rekeninge, die geklets was nimmereindigend en ons het vir n verdere 5 jaar aan en af uitgegaan. 2006 was n groot jaar vir ons! Oktober maand het Shaun my uitgevra. Dit het gebeur so net na ons Matriekafskeid, alhoewel ons baie jonk was het ons geweet dat ons bedoel is vir mekaar en dat ons eendag gaan trou. Op universiteit het Shaun elke Woensdag met Chippie (sy ou Golfie) deurgery Stellenbosch toe en voor my koshuis geslaap. Vyf jaar later op die 9de Julie 2011 in die mooiste tuin in die Moerderstad is ons met piekniek mandjie en al Kirstenbosch in... Shaun reg om die groot vraag te vra – reg om sy lewe saam met my te begin. 8 Desember 2012 kon nie een van ons glo dat die dag waarvoor ons al so lank wag uiteindelik aangebreek het nie. Shaun het hoog en laag belowe dat hy nie op ons troudag gaan huil nie, ek aan die ander kant was bang dat ek al my grimering gaan af huil voor ek die preekstoel haal. Groot was my verbasing toe Shaun die een is wat die trane pik. Dit was verseker vir my een van die kosbaarste oomblikke van die dag en ek sal dit vir niks in die wêreld verruil nie. Ons kan nie wag om te sien wat die toekoms vir ons inhou nie!




















































































































Share:

1 comment

  1. Celeste dit is regtig stunning fotos. weet dit is n mooi couple maar jou fotos is van die BESTE wat ek al ooit gesien het. onthou ons date vir die swart en wit fotos Ani

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig