Reynie & Daniëlle | Verloof | Stellenbosch


Na baie beplanning en groot opwinding…breek die dag van ons verlowings shoot uiteindelik aan. Na ‘n heerlike Moedersdag ontbyt, het ons die kar PROPVOL uitrustings en props gepak en toe is ons, vol kinderlike opwinding, oppad na ons gunsteling dorpie, Stellenbosch. WOW, ons kon nie deur ‘n meer perfekte herfs dag in die Boland gegroet word nie. ‘n Romantiese Sondag-middag sonnetjie, vars blou lug en perfekte natuurskoon het ons omring, tesame met baie liefde en die besef dat jy en jou sielsgenoot binnekort ‘n ongelooflike lewensreis saam begin.


Ons het die sessie afgeskop by die legendariese Oom Samie se winkel, en sjoe, wat ‘n klomp pret. Tussen ou plaas implemente en ‘n ironiese “GEEN FOTO’S” waarskuwings bordjie, het ons sommer vinnig, vinnig gemaklik gevoel voor die kamera en almal al te lekker saam gelag. Op daardie hoë noot het ons so ‘n bietjie die oewers van die Eersterivier angedurf. Tussen nat kappertjie blare, ‘n groot bos balonne en ‘n paar noue ontkominge met verkeer oor ‘n mooie wit bruggie, het ons ‘n magiese, prettige valentyns sessie voltooi.

By ons volgende stop is ons ontmoet deur die warm winter pallet van die Stellenbosch wynlande. En ek moet sê, ek sou nooit kon raai dat ‘n baljaar sessie tussen bubbles en herfsblare soveel pret kon wees nie. Hier was fotogeleenthede in oorvloed en ons het, in sommer ‘n hele paar fotos, die herfs dag se skoonheid opgeneem.

Ons het toe vertek na die voorlaaste ‘pitstop’ op ons reis…vir ‘n, kom ons noem dit sommer ons, “james bond sessie”. Die vintage Stellenbosch treinstasie het gesorg vir die perfekte agtergrond vir hierdie sessie. Ons het hier ‘n paar ongemaklike foto oomblikke beleef (veral vir Celesté), maar dit was als deel van die great gees van die dag.

En toe, sluit ons ons perfekte daggie af met ons ‘country’ uitrustings. Piekniek mandjie in die hand, het ons lekker weggelê aan ‘n paar soet goedjies en die laaste foto van die dag voltooi deur ons GROOT bos balonne in die pragtige blou hemelruim te laat opvaar.

Tussen die bubbles, hardloop in die herfs blare, speel met balonne en vele ‘lag uit die maag oomblikke’, was dit beslis ‘n spesiale dag wat ons vir ‘n leeftyd sal koester. Ons is (indien enigsins moontlik) nou net soveel meer opgewonde vir ons groot dag en voel sommer blessed om ‘n fotograaf te hê om ons groot dag vas te vang wat reeds soos ‘n jare lange vriendin voel. Dankie Celeste…vir ‘n onvergeetlike dag met lewenslange herhinneringe.















































{ Vinnige "wardrobe change" } hehe














Baie dankie aan Lenchen wat so mooi vir my ge assisteer het! Jy was 'n ster x
Ek kan nie WAG om Reynie en Danielle se troue af te neem volgende jaar Maart by Kleinevalleij nie. :)
Share:

1 comment

  1. Ek is mal oor AL die foto's !! Lyk of julle baie pret gehad het!

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig